top of page

MY EERSTE SPEELDING


Die Moonlight Candy Span kry gereeld boodskappe van dames wie nuuskierig is oor ons speelgoed, maar dit is hul eerste keer dat hulle oorweeg om een te koop. Dit kan intimiderend of oorweldigend wees want hoe weet jy wat om te kies? Sê nou dit is te groot, of te klein, of my maat hou nie daarvan nie?


So om hierdie dames gerus te stel en ‘n bietjie leiding te gee gaan ons 5 van ons gunsteling wenke met jou deel wanneer dit kom by jou eerste seks speelding.


1. Leer eers jouself ken...met jou vingers


Miskien het jy al en is gereed om aan te beweeg na iets meganies. Maar as jy nog nie het nie, is dit ‘n goeie idee om te weet waarvan jy hou voor jy iets gaan soek om mee verder te speel. Dit is al hoe jy sal weet watse tipe speelding om te kies. En onthou, jy hoef dit nie alleen te doen nie!


2. Dit hoef nie soos ‘n tottie te lyk nie


Jy hoef nie noodwendig weg te bly van speelgoed wat lyk soos ‘n penis nie, maar besef dat daar is hordes speelgoed wat die werk gedoen gaan kry wat GLAD NIE soos ‘n meneer se “meneer” lyk nie. Baie van die speelgoed is spesiaal ontwerp volgens die vrou se anatomie en wat die gemaklikste vir haar sal wees.


3. Begin klein


As iemand wat begin is dit dalk ‘n goeie idee om met iets minder intimiderend te begin. Jou maat sal waarskynlik ook minder bedreig voel. Speelgoed wat gemaak is vir uitwendige gebruik is gewoonlik kleiner (soos “wands” en “stimulators”), maar daar is ook kleiner weergawes van die wat vir binne bedoel is of beide binne en buite.


4. Koop iets ordentlik


Doen jou navorsing. Dit hoef nie iets duur te wees nie, in teendeel, begin dalk met ietsie goedkoper. Maar maak net seker die kwaliteit is goed. Baie belangrik om seker te maak dit is van ‘n goeie gehalte materiaal. Waterdig is ook goed om te hê, veral as jy van plan is om in die stort te speel. En jy wil ook nie elke week nuwe batterye koop nie, so soek maar een wat herlaaibaar is. Kyk ook of die materiaal nie dalk iets is waarvoor jy allergies kan wees nie, maar gewoonlik is mediese-graad silikon en glas goeie opsies.


5. Jy kan altyd nog een koop


Moenie jou kop breek as jy nie weet of jy die regte keuse gemaak het nie. Die goed raak nie op nie. Soos jy eksperimenteer sal jou gou agterkom waar jou knoppies sit en hoe om hulle te druk. Onthou dit is jou EERSTE speelding en dit hoef nie jou laaste te wees nie. Begin ‘n versameling en gaan hê ‘n avontuur!


- Die Moonlight Candy Span

135 views

Recent Posts

See All
bottom of page